My Study       
Benno Zuiddam

 


Vraag: Hoe groet twee sielkundiges mekaar? Antwoord: Dit gaan goed met jou, hoe gaan dit met my?


* * *

'n Bejaarde egpaar wat sedert hul kinderdae verlief was, het getrou en woon in hul ou buurt. Om hul 50ste huweliksherdenking te vier, stap hulle na hul ou skool om te gaan kyk na die boom waar hy 'Ek het jou lief Sally' op die bas uitgekerf het. Op pad terug huis toe val 'n sak geld uit 'n gepantserde voertuig. Sy tel dit vinnig op en hulle neem dit huis toe. Daar tel sy die geld en dis $100 000. Die man sê: 'Ons moet dit teruggee.' Sy sê 'Finders keepers' en sit die geld terug in die sak en steek dit in die solder weg. Die volgende dag gaan twee FBI-manne van deur tot deur in die buurt om die geld te soek. Een klop aan die deur en sê: 'Verskoon my, maar het u enige geld gekry wat gister uit 'n pantserwa geval het?' Sy sê: 'Nee!' Die man sê: 'Sy praat nie die waarheid nie. Sy het dit bo in die solder weggesteek.' Sy sê: 'Moenie hom glo nie - hy is seniel.' Maar die agente sit die man op 'n stoel neer en begin hom te ondervra. Een sê: 'Vertel ons alles van die begin af.' Die ou man sê: 'Wel toe ek en Sally gister van die skool af huis toe geloop het...' Die een FBI-ou kyk na sy maat en sê: 'Ons mors ons tyd. Kom ons loop...'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Die sterk jong man by die konstruksieterrein spog dat hy enigeen met kragtoetjies kan oortref. Hy maak 'n spesiale geval van een van die ouer arbeiders. Na 'n ruk het een van die ouer werkers genoeg. 'Ek sal wed vir 'n week se loon dat ek iets in 'n kruiwa kan stoot na daardie gebou, wat jy nie sal kan terugstoot nie.' 'Jy's aan, Oubaas,' sê die jong ou. Die ou man vat die kruiwa se handvatsels, draai na die jongman en sê, 'Reg. Klim in!'

* * *

7de Laan is 'n lekker plek om te bly: Daars geen inbrake nie, Jy hoef nie als te sluit nie en die honde loop 2 - 2 saam --- bang die kinders byt hulle ...

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Een man belt de helpdesk van een niet nader te noemen automatiseringsbedrijf: 'Goedemorgen, met de helpdesk'. 'Ik heb een probleem met mijn computer...' 'Wat is er dan aan de hand?' 'Er staat een melding op mijn scherm: In-su-fisi-jent disk-spees.' 'Ah, dan is waarschijnlijk uw harde schijf vol. Hoe groot is uw harde schijf?' 'Dat weet ik zo niet. Moet ik dat even opzoeken?' 'Graag, belt u dan even terug?' 'Afgesproken'. Tien minuten later belt de man terug... 'Nou, ik weet het hoor, maar het was wel een hele toer om erachter te komen...' 'Hoezo dan? U kunt dat toch redelijk eenvoudig opzoeken?' 'Nou, de hele kast moest open... Maar ik weet het: Hij is ongeveer 15 cm lang, 11 cm breed en 2 cm hoog...' 'Meneer, ik bedoel eigenlijk de opslagcapaciteit'. 'Vertelt u mij dan even hoeveel er in een vierkante centimeter gaat, en dan reken ik het wel even voor u uit...'

* * *

Een Belg huurt en kano en peddelt het water op. Midden op de plas kiept zijn kano om. De kano komt niet meer overeind. De man komt niet meer boven. Een paar omstanders springt in het water en halen de bewusteloze Belg naar de kant. Ze beginnen te beademen en reanimeren. De politie komt erbij. Ze kijken in zijn binnenzak. Daar zitten een Belgisch paspoort en drie zwemdiploma's in. Als de Belg bijkomt, vraagt een agent: 'Kon je jezelf nou niet redden? Je hebt verdorie drie zwemdiploma's!' 'Awel,' zegt de Belg, 'maar ik wist niet dat die hier ook geldig waren.'

* * *

Een voetganger passeert 's avonds ruim een uur na sluitingstijd het gemeentehuis. Ineens ziet hij een zijdeur open gaan en een ambtenaar schichtig naar buiten sluipen. 'Zo', vraagt de voorbijganger verbaasd, 'hebt u overgewerkt?' 'Hoe komt u daarbij', antwoordt de ambtenaar, 'mag ik me ook eens een keer verslapen!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wysheid vir die week


In het Frans klinkt alles romantisch. In het Duits klinkt alles als een bevel. In het Italiaans klinkt alles als een argument.

- Craig Whatley

-----------

Die toeris loop in Kaapstad se middestad rond en gaan staan voor die standbeeld van Maria van Riebeeck, wat hy lank bekyk. Dis toe dat hy die Kaapse stem langs hom hoor: 'Djy kyk verniet. Sy's dJan se vrou...'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

'Ons vier ons onafhanklikheid van die Britte. Binne 'n paar jaar, hoop ek, sal ons in staat wees om ook ons onafhanklikheid van die Chinese te vier.' - David Letterman

***

'Hulle het 'n verband tussen chemikaliee in shampoo en vetsug vasgestel. Maar ek sê: As jy shampoo eet, is jou gewig die minste van jou probleme.' - Craig Ferguson

***

'n Versamelaar van skaars boeke ontmoet 'n Amerikaanse kennis wat sê hy het sopas 'n ou Bybel weggegooi wat hy in 'n ou boks gekry het. Een of ander Guten-iemand het dit gedruk. 'Nie miskien Gutenberg nie?' snak die versamelaar. 'Ja, dit was dit!' 'Jou idioot! Jy het een van die eerste boeke wat ooit gedruk is weggegooi! 'n Kopie het onlangs vir 'n miljoen dollar verkoop!' 'O, ek dink nie hierdie boek sou enigiets werd gewees het nie,' antwoord die man. 'Dit was volgekrap in die kantlyne deur 'n idioot met die naam Martin Luther.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


'n Predikant was in 'n tou motors om sy kar te vul met petrol net voor 'n langnaweek. Die joggie werk vinnig, maar daar was baie motors voor van hom. Uiteindelik, die joggie wink hom na 'n oop pomp. 'Dominee,' sê die jongman, 'Ek is so jammer oor die vertraging. Dit skyn almal wag tot die laaste oomblik om gereed temaak vir 'n lang reis.' Die predikant glimlag: 'Ek weet wat jy bedoel. Dis dieselfde in my besigheid.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Die man se huis brand af en die versekeraars reel om 'n identiese huis vir hom te bou.As dit is hoe julle sake doen, raas hy, kanselleer ek dadelik die versekering op my vrou!

* * *

Ek is so oud dat toe ek in die skool was, was daar nog nie eers geskiedenisklasse nie!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Sporten is gezond, zegt men.....Oh ja? Denk hier dan maar eens over na:

* Als lopen zo enorm gezond was... dan moest de postbode inmiddels onsterfelijk zijn!

* Een walvis zwemt de hele dag, drinkt water en eet alleen maar vis... maar
toch is ie hartstikke dik!

* Een konijn rent en springt wat af in zijn leven... maar wordt hooguit 15 jaar!

* Een schildpad rent juist helemaal nooit. Behalve eten doet hij eigenlijk bijna niks.....en hij wordt zomaar 150 jaar!

Sporten is gezond, zegt men...Oh, ja?

* * *

Een oudere man (zo van onze leeftijd) is aan het fitnessen in een sportstudio en ziet een mooie vrouw, die ook aan het sporten is. Als de fitness trainer langs komt vraagt hij hem aan welk apparaat hij de meeste indruk op de vrouw kan maken. De trainer bekijkt hem meewarig van top tot teen en zegt dan: 'Ik zou de geldautomaat in de hal maar eens proberen.....'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wysheid, uit quotationspage.com:

My een verwyt in die lewe is dat ek nie iemand anders is nie. - Woody Allen

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Ons het net klaar met 'n lekker ete wat my ma gemaak het vir ons gesin. Toe ek opkyk na die lig bo die tafel, sien ek die kreatiewe werk van 'n spinnekop om die glasies en liggies. 'Moenie kyk nie!' sê my ma, 'Dis die een ding wat ek te moeg was om skoon te maak!' 'Moenie waar kyk nie?' vra my broer. 'Daar!' wys my ma, 'Dis my eie persoonlike webwerf!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
 Arabiese TV:

17.00 Talitubbies
17.30 Klein Klein Terroristje
18.30 Muffy the Jew Slayer
19.00 Man bijt kameel
20.00 Speelfilm: Pakahandtas
22.00 Celgenoten (tot 02.30)
02.30 Eigen huis in puin
03.50 Vinger aan de trekker
04.30 Married with 84 children

MORGEN
17.00 Tik Tak Boem
17.30 Mufti
18.00 Stress in the City
19.00 Het rad van terreur
20.00 Wittemoskee
21.00 Ter land, ter zee en tegen het WTC
22.00 Opsporing verzocht (tot 03.00)
03.00 Nieuwe film: In de Taliban van de ring
04.00 Mohamed R. De Vries met vandaag: Het asociale gedrag van
Nederlanders: met de schoenen de kerk in.

Op woensdag komt er een jubileumuitzending ter gelegenheid van de 250ste
aflevering van As the world burns..

Woensdag 20:45 Champions Cup Torpedo Kaboel - FC Mekka

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Daar is maar net EEN BAKKIES...

* Bakkies Botha het die hap uit die APPLE-Logo gebyt;

* Bakkies was al op Mars... dit is hoekom daar geen teken van lewe is nie;

* Bakkies kan jou verwurg met `n koordlose telefoon;

* Die skape op Bakkies se plaas is die wat staalwol gee;

* Bakkies kan vuur maak deur 2 ysblokkies teenmekaar te vryf;

* Bakkies kan Braille praat;

* As Bakkies `n boomerang gooi is die boomerang maar te bly om weg te
kom...

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


(Afrikaners: Doen julleself 'n guns en lees die pragtige Nederlands!
hypotheek = verband; panden = eiendomme; knappe = seksie; aartslelijk =
skreeulelik; interest = rente; meid = meisie (gie-gie) (in Benoni sê hulle girl))

Een belegginsadviseur stelt zijn vrouw voor aan een kollega. Die neemt hem terzijde en vraagt: 'Neem me niet kwalijk dat ik het vraag, maar waarom ben jij met zo'n lelijke vrouw getrouwd?' 'Pff,' antwoordt de man, 'dat is niet belangrijk. Wat telt is dat ze zeven hypotheekvrije panden bezit, drie fabrieken en een dikke spaarboek. Die aartslelijke vrouw is mijn kapitaal.' De volgende dag ontmoeten de twee vrienden elkaar weer en de getrouwde man heeft nu een beeldschone jongedame aan zijn zijde. Zijn vriend neemt hem weer even ter zijde en vraagt: 'Wie is die knappe meid?' waarop hij antwoordt: 'Wel, dat is mijn interest, aan mijn kapitaal raak ik niet.'

 

Alles van die allerbeste vir 2012!


Hierdie tyd van die jaar stuur ek vir julle tradisioneel twee uitgawes met die beste grappies (heeltemal subjektief gekies) wat julle vir my die afgelope jaar gestuur het. Die Grapkas sou nie kon bestaan het sonder mense wat gedurig, week na week, vir my grappies aanstuur sedert 1997 nie! Aan al hierdie bydraers, BAIE DANKIE!

Hier is dan grappies van Januarie tot Junie:

Belg, nou blondine:

Die blondine koop Fanta by die kroeg en gaan sit lekker by die toonbank om dit te drink. Langs haar sit 'n man en kap twee tweerandstukke op die tafel. Dit irriteer haar later so dat sy hom vra: 'Meneer, wat doen jy nou eintlik?' 'Dame, jy kan deesdae net een van twee dinge met twee tweerandmuntstukke doen: dit op die tafel kap of daarmee bel.' 'Dit is nou interessant' antwoord sy, verlore in die nuwe inligting. Later toe die man badkamer toe gaan lê die muntstukke nog daar en die blondine gryp dit toe sy dink hy sal haar nie sien nie. Sy druk die een teen haar oor en hou die ander een voor haar mond en sê: 'Hello, hello, hello...'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

'Ik zag je vorige week samen met je vrouw in de tuin hout hakken. Hebben jullie je dan eindelijk verzoend?' 'Verzoend? We waren de meubels aan het verdelen!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Ek was in McDonalds en ek sien hierdie kind vat sy McDonalds-speelding en gooi dit op die grond. Sy ma sê, 'Haai, jy breek dit. Daar is kindertjies in Sjina wat dit vervaardig!' - Laura Silverman

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van Fanus Rautenbach: 

* My suster is so lelik! Hoewel sy die enigste een was wat aan `n
skoonheidskompetisie deelgeneem het, het sy nog steeds derde gekom.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~



Waar kloop jij zo snel naartoe? Naar huis, de brandkast staan open en die vriend van mijn oudste dochter is in huis. Zit er geld in? Neen. Maar als er niets in zit, kan hij er toch ook niets uit nemen! Dat klopt, maar hij zou kunnen zien dat er niets in licht!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

'n Israelse troep wat so pas by die weermag aangesluit het vra vir die bevelvoerder vir 'n pas vir drie dae. Die bevelvoerder sê: 'Wat, jy het so pas aangesluit en nou wil jy alweer verlof hê? Jy sal iets merkwaardigs moet doen om dit te verdien!' 'n Dag later kom die soldaat met 'n Arabiese tenk die kamp ingery. Die bevelvoerder was so beïndruk dat hy hom sommer 'n week verlof gee. Die soldaat se verloofde was net so verbaas en vra hom hoe hy dit reggekry het. 'Dit was baie maklik,' sê die soldaat '. . . ek het tot by die grens met een van ons tenks gery tot ek een van hulle tenks gesien het. Ek het 'n wit vlag gehys en vir die Arabier gevra of hy 'n drie-dag pas wil hê!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Eksamenflaters

* Waar kom Maleiers vandaan? Antwoord: Malaria

* Waar is die muur van Hadrianus gebou? Antwoord: Om Hadrianus se tuin.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~



Zit een student in de trein naar buiten te kijken en zegt tegen zijn studiegenoot: 'Wat een pythagoresk landschap hier.' Zegt zijn collega: 'Het is niet pythagoresk, maar arabesk.' Zegt de eerste: 'Wat geeft dat nou, die woorden zijn toch synagoog!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Gatiep staan by die stopteken en bedel met 'n blikkie in sy hand. 'n Ou kom verby en gooi ietsie in die blikkie. Die volgende dag staan Gatiep weer daar, maar hierdie keer met twee blikkies. Dieselfde ou kom weer daar verby en vra: 'Nou hoekom het jy dan nou twee blikkies?' 'Nei,' antwoord Gatiep, 'My business doen so goed toe mak ek ma nog a branch oop'.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Een man gaat parachutespringen en vraagt: 'Als mijn parachute niet open gaat wat dan?' 'Dan moet je aan je 1e reserve koordje trekken.' 'En als die ook niet werkt?' 'Dan trek je aan het 2e koordje.' 'En als die ook niet werkt?' Dan kom je terug en krijg je een nieuwe parachute.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Daar is 'n verhoogde terroristebedreiging en verskeie lande moes hulle gereedheidsvlakke aanpas:

Die Engelse voel die druk ná onlangse terroristebedreigings en het daarom hul sekuriteitsvlak van 'Miffed' na 'Peeved' verhoog. Binnekort mag sekuriteitsvlakke verhoog word na 'Irritated' of selfs 'A Little Cross.' Die Engelse was nie 'A Little cross' nie sedert die blitz in 1940 toe tee-voorrade amper uitgeloop het. Terrorists kan geherkatogoriseer word van 'Tiresome' na 'a B... Nuisance.' Die laaste keer toe die Britte 'n 'B... Nuisance'- waarskuwingsvlak uitgegee het was in 1588, toe die Spaanse Armada hulle bedreig het.

Die Franse goewerment het aangekondig dat hulle hul terrorismebedreigingsvlak verhoog het van 'Hardloop' na 'Wegkruip.' Die enigste twee hoër vlakke in Frankryk is 'Saamwerk' en 'Oorgee.' So bv. was daar onlangs 'n brand wat Frankryk se witvlagfabriek verwoes het, wat effektief hul militêre vermoë lamgelê het.

Italië het vermeerder die wakker vlak van 'Roep hard en opgewonde' na 'Uitgebreide Militêre Posisionering.' Twee meer vlakke bly: 'Ondoeltreffende Operasies' en 'Verander van Kante.'

Belge, aan die ander kant, is al op vakansie soos gewoonlik; die enigste bedreig hulle is bekommerd daaroor is NATO wat mag onttrek uit Brussel.

Die Spanjaarde is opgewonde om hul nuwe duikbote gereed te maak. Hierdie pragtige duikbote het glasbodems sodat die nuwe Spaanse Vloot kan kyk na die ou Spaanse Vloot.

Australië, intussen, het verhoogd sy gereedheidsvlak van 'No worries' na 'She'll be allright, Mate.' Twee meer vlakke bly: 'Crikey! Ek dink ons sal die barbie hierdie naweek moet kanselleer!' en 'Die barbie is gekanselleer.' Tot dusver is die hoogste vlak nog nooit bereik nie.

In Suid-Afrika is die gereedheidsvlak verhoog van O-keeeh na Ishu. As die bedreiging vergroot sal dit opgegradeer word na 'Moenie nou al tender nie' tot by 'Kill the Boer' en dan op na 'Toyi-toyi'.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Die ou van Witbank is in Bellville, haastig op pad Waterkant toe. Hy sien vir Gatiep op die sypaadjie en vra hom: 'Luister man, wat is nou die gouste manier om by die Waterfront uit te kom?' Gatiep: 'Minier, loep djy of ry djy?' Die ou: 'Ek ry.' Gatiep: 'Nei, daais die gouste.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Een boerke op `t autosalon staat een prachtige wagen te bekijken; de verkoper ziet dit en gaat praten met hem: 'Dag meneer, op zoek naar een nieuwe wagen?' 'Hoh, neen.' zegt da boerke. 'Wat zou ik doen met nen auto; ik rijd al gans mijn leven met den traktor en ik zie `t nut nie in van zo `n masjien.' 'Wel,' zegt diene verkoper, 'wanneer ben je vanmorgen vertrokken thuis om hier tegen 10 uur aan te komen?' Dat boerke denkt efkes na en zegt: 'Om een uur of negen ben `k vertrokken.' 'Maar meneer toch,' zegt de verkoper 'hebt GE daar serieus een uur op gereden met uwen traktor? Wel `k zal u zeggen had GE dezen auto gehad, Dan stond GE hier op 15 minuten!' 'Waauw,' zegt da boerke, 'gaat dat ding zo snel? Da moe `k toch thuis eerst NE keer vertellen; morgen kom ik terug!' 's Anderendaags komt dat boerke terug bij diene fabrikant... vraagt die verkoper: 'Hoe is `t; koopt GE u nu nen auto?' Wel,' zegt da boerke, ''k heb serieus getwijfeld maar..., `k heb zo zitten denken; wat moet ik hier nou om kwart na negen in Brussel lopen doen?'

* * *

Belg van de maand

Langs de snelweg probeert een Belg een stilstaande vrachtwagen te duwen. Ik stop en zeg: 'Dat is toch veel te zwaar, man!' Zegt die Belg: 'Allee ik moet wel, want ik heb pech... ... en dan moet de wagen dertig meter van de gevarendriehoek staan!'

* * *

Twee Antwerpse blondjes zitten aan den toog in een caféke op't Kiel. Zegt de een: 'k heb zojuist weer m'n rijexamen gedaan.' 'Allee', vraagt de ander: 'en, hoe was 't ?' 'Nie goe, zunne', zei ze, 'weer gezakt!' 'Ik kom weer op die rotonde, en daar stond een bord met dertig op, dus rij ik dertig keer die rotonde rond.' 'Ai', zei de ander, 'en... verkeerd geteld, of wat?'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Twee blinde, gelowige vriende bevind hulle in Worcester by die Skool vir Blindes. Wanneer hulle in die dorp gaan stap, loop hulle gewoonlik ingehak by mekaar, sodat as die een struikel, die ander een hom kan vashou. Eendag stap hulle weer, maar albei mis 'n bruggie en val in 'n stormwatersloot. Toe sê die een vir die ander: 'Ou Maat, as dit die Bad van Betesda was, was ons nou van ons blindheid genees!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Twee oude vrienden komen elkaar na jaren weer eens tegen in hun oude stamkroeg. Wim : 'Nou en ik ben ondertussen weer gescheiden. Weet je wel dat dat nog meer kost dan een bruiloft ?' Jan : 'Dat is goed mogelijk ja, maar je hebt er ook veel langer plezier van.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Die blondine gaan na 'n oogkundige om oë te toets. Die oogkundige sê sy moet die letters op die skerm lees, eers met die een oog en dan met die ander. Maar ons blondine raak so deurmekaar met die verskillende oë, soos wat blondines nou maar doen, dat die oogkundige naderhand 'n groot papiersak neem, 'n gat daarin maak en oor haar kop trek sodat sy net met een oog op 'n slag kyk. Toe hy weer sien, huil die blondine dat die trane die papiersak natmaak. 'Juffrou,' sê die oogkundige, 'moenie so ontsteld wees dat jy 'n bril gaan kry nie. Baie mense dra bril! 'Ek weet,' gee sy toe, 'Maar ek wou SO graag 'n bril met regte draadrame gehad het.'

* * *

Jy weet dis tyd om op 'n dieet te gaan:

* Jy word gediagnoseer met 'n vleesetende virus, en die dokter gee jou nog 22 jaar om te leef.

* Jy verdwyn en hulle gebruik al vier kante van die melkkarton vir jou
foto.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


'n Trotse jong Gautengse mamma sien haar enigste seuntjie af by sy skool vir sy eerste skooldag. 'Wees 'n goeie seuntjie, my goggatjie! Dink baie aan Mammie, Soetlappie! Wag vir Mammie by die hek, my skattebolletjie! Mammie is baie lief vir jou, onthou dit Liefling! Teen die einde van die skooldag wag sy vir hom by die hek. 'En wat het my sterretjie geleer op sy eerste daggie by die skool?' 'Ek geleer my naam is Marco!'

* * *

Twee fortuinvertellers sit in 'n restaurant by die Waterfront. Dis 'n heerlike windstildag. 'Lieflike weer,' sê die eerste fortuinverteller. 'Ja,' sê die tweede. 'Dit herinner my aan die somer van 2020.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


'Out of Office' outomatiese e-posantwoorde:

* Uit die kantoor van 'n ANC-kader: Jy ontvang hierdie outomatiese kennisgewing omdat ek uit die kantoor is. As ek in was, sou jy nie antwoord op jou e-pos gekry het nie.

* Jammer om jou te mis, maar ek is by die dokter. My brein en hart word verwyder sodat ek bevorder kan word tot op ons bestuur.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Werkadvertensies. Wat die kodetaal werklik beteken:

* Sluit aan by ons dinamiese maatskappy - Ons het geen tyd om jou
op te lei nie.

* Moet kan hou by teikendatums - Jy sal die dag as jy instap reeds ses
maande agter wees op jou skedule.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wat noem jy dit as jy vier bediendes het wat vir jou stryk? Antwoord: 'n strykkwartet.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


 

Prof. Dr. Benno A. Zuiddam