My Study       
Benno Zuiddam

 


Fix your pet!

'n Man het gegradueer by die Skool vir Veeartsenykunde en doen daarna 'n kursus in taxidermy. Hy nou het 'n kennisgewing in sy spreekkamer wat lui: 'Vee-arts & Taxidermist - jy kry jou liefling terug, maak nie saak hoe nie...'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Gatiep kla by Adoons : 'Vannat my vrou weg is kan ekkie slaap of eetie.' Adoons vra: 'Was djy dan so lief vi ha?' 'Nei man, sy's weg met die matras en my tanne.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Britse wetenskaplikes wil nou menslike selle met haaseiers kruis. Hul doel is om 'n mens met 'n gelukkige voet te skep. - Jay Leno

* * *

General Motors wil 'n bestuurderlose kar produseer. Hier's my vrees: ek koop een van daardie motors, en ek is tuis op 'n Saterdagaand, en die kar sal wegry sonder my!' - David Letterman

* * *

Wat noem jy iemand met 'n kar op haar kop? Domkrag.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Komt een stotteraar in de kroeg: 'Graag een bbbbb biiiii bieieie... eh doe maar een cola alstublieft.' Denkt ie: Wat ben ik toch dom. Ik vraag gewoon een pilsje. 'Eén pilsje alstublieft.' Vraagt de barman: 'Bavaria, Budweiser of Bokbier?'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~



Jare terug bou die Engelse 'n vliegtuig wat vir die eerste keur deur die
klankgrens breek, maar daar is een probleem, sy vlerke breek dan af. Hulle vra advies van verskeie hoosgeleerdes en vd Merwe kom te hore daarvan. Die prys is groot vir die een wat die probleem oplos en hy meld aan om sy plan te gee. Hulle is agterdogtig oor sy lae kwalifikasies, maar gee toe in en vra hom wat is sy plan. Van der Merwe loop al om die vliegtuig en kyk hom goed deur. Hy vra hulle moet 'n swart veltpen streep trek op die plek waar die vlerk gewoonlik skeur. Hulle doen dit. Hy vra toe 'n 20mm boor en boor
toe 'n reeks gate so 20cm uit mekaar op altwee vlerke. Hulle kry een
waaghalsige vlieenier en vd Merwe sê hy is so seker dit gaan werk hy sal saam vlieg. Bo alle verwagtig werk dit en hulle land weer veilig. Die Engelse is hoogs beindruk en is is verwonderd waarom dit gewerk het en vra vir Vd Merwe toe hulle hom sy geld gee. Hy antwoord: 'Van kleins af het ek 'n belangrike wetenskapswet ontdek. Toiletpapier het gaaitjies om op 'n spesifieke plek te skeur, maar jy kan doen wat jy wil dit skeur nooit op die gaatjies nie.'

* * *

Die dom blondine koop vir haar twee Duitse Herdershonde. Vriendin: 'Wat is hulle name?' Blond: 'Rolex en Timex.' Vriendin: 'Hoekom SULKE name?'
Blond: 'Want die man het vir my gesê hulle is watchdogs!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Opskrif gesien in 'n koerant:

Vodacom gaan hul s...e..i...n opgradeer.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wysheid:

'n Man is net so oud as die vrou wat hy voel. - Groucho Marx

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Die aarde, nouliks reggeplant,
kenter onkeerbaar na die skemerkant.

Elisabeth Eybers: 'Voorland' - Rymdwang

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kompliment ontvang:

Danken zeer voor alle grapjes die U ons bezorgt!

---------------------------





 

Die boere...

Die hysbak in ons gebou gaan staan toe eendag, met verskeie van ons vasgekeer. Ek sien daar is 'n lys opgeplak van noodnommers. Ek bel toe een en verduidelik ons situasie. Na wat 'n baie lang stilte skyn te wees sê die stem aan die ander kant: 'Ek nie weet of ek kan help nie, want ek is nie van die hysbakmaatskappy nie. Ek is 'n sielkundige.' ''n sielkundige?' vra ek. 'Jou nommer is hier gelys as 'n noodnommer. Kan jy ons nie help nie?' 'Wel,' antwoord hy uiteindelik afgemete, 'Hoe voel jy daaroor om vasgekeer te wees in 'n hysbak?'

* * *

Argeoloë in Egipte sê nou dis nie waar dat die piramides gebou is
deur slawe nie. Hulle sê die piramides is gebou deur betaalde werkers.
Maar weet jy hoe hulle dit gefinansier het? Deur 'n piramideskema. - Jay Leno

***

Toe ek na 'n plaaslike afslagwinkel gaan om olie en filters vir my kar te kry, koop ek sommer vir my vrou 'n ruiker blomme van dié wat by die uitgang staan. Die vroue in die tou agter my 'um' en 'aa' toe dat die man blomme kry vir sy vrou. 'Hoe dikwels doen jy dit?' vra een. Voor ek kon antwoord antwoord die kassier: 'Elke ses maande of 10 000 kilometer, wat ookal eerste kom.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~



Vader komt thuis van zijn werk, opent de post, krijgt een rood hoofd en roept iedereen bij elkaar... 'Zo'n belachelijke hoge telefoonrekening kan echt niet meer. Wat voeren jullie wel niet uit? Ik ben het niet. Ik telefoneer namelijk altijd op mijn werk!' Moeder reageert, 'Ja ik ook hoor, ik gebruik ook altijd de telefoon op mijn werk. Ik ben het ook niet.' Waarop de dochter zegt, 'Ik kan het ook niet zijn, want ik bel altijd met de telefoon op mijn stageplaats.' Alle blikken wenden zich naar de poetsvrouw, waarop deze reageert: 'Waarom jullie naar mij kijken? Jullie bellen toch ook van op je werk!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~



'Zeg Martin,' zegt Harrie, 'Je hebt je buurman laatst toch geld geleend? Heb je daar al iets van gehoord?' 'Nou en of', zegt Martin, 'dagelijks tot na middernacht zelfs. Hij heeft er nl. een radio van gekocht'.

* * *

ik ben voor jou gevallen
gevallen op de straat
ik zag je mooie ogen
maar de stoep te laat

* * *

Louis van Gaal staat naar zijn Barcelona te kijken met zijn hondje naast hem. Plots scoort Barcelona, en het hondje gaat op zijn achterpootjes staan, en begint te klappen. Een man naast Louis kijkt verbaasd naar Louis en dan nog verbaasder naar het hondje. De man vraagt aan Louis: 'Hoe doet hij dat?'. 'Och dat heeft hij zichzelf aangeleerd.' 'Dat is wel knap' zegt de man. 'Dit is nog niet alles' zegt Louis. 'Oh nee, wat kan hij dan nog meer?' Louis: 'Als de tegenstander scoort kan hij dood op zijn rug liggen.' De man :'Hoe dan?' Louis: 'Dat ligt er aan hoe hard ik hem raak!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~



Statistiek SA het my sensusvorm teruggestuur! Op die vraag: 'Hoeveel afhanklikes het jy?' het ek geantwoord: '10.2 miljoen onwettige immigrante; 15.6 miljoen werkloses; 1.2 miljoen dwelmverslaafdes; 187 000 mense in tronke en 500 idiote in die parlement.' Dit was skynbaar nie die regte antwoord nie. Wie het ek uitgelaat?

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Na aanleiding van die genot van ons onlangse blondine-en-hond-grappie, nog sulke uit ons argief:


Eerste skilder: 'Het jy enigeen van jou skilderye tydens die uitstalling verkoop?' Tweede skilder: 'Nee. Daardie kunskritikus van die koerant het my werk sleg afgekraak. Maar ek het hom darem teruggekry.' Eerste skilder: 'Wat het jy gedoen?' Tweede skilder: 'Ek het sy gidshond vergiftig.'


* * *

My blonde vriendin sien 'n blinde man en sy gidshond by 'n kruising, stop haar motor en beduie vir hulle hulle kan oorstap. 'Cynthia,' sê ek, 'Hy kan jou nie sien nie.' 'Ek weet dit,' sê sy verontwaardig. 'Ek het vir die HOND beduie.'

* * *

Die veearts sê vir die blondine dat haar hond bietjie oefening nodig het. 'Jy moet seker maak die hond kry oefening,' sê die dokter. 'Probeer 'n speletjie daarvan maak.' 'Ek kan nie,' sê die blondine. 'Hoekom nie?' vra die dokter. 'Omdat,' antwoord sy, 'hy nie kan gooi nie.'

* * *

My hond het ewe skielik die slegte gewoonte ontwikkel om 04:00 te begin met woeste blaf en tjank. Verskeie van die bure het al gekla weens die geraas daardie tyd van die nag. Een oggend hoor ek hoe hy weer begin om te tjank en kyk by die venster uit, net om te sien dat iemand iets in die hond se rigting gooi. Ek sluip by die agterdeur uit en om die huis om die skerminkel vas te trek. Was ek verbaas toe dit my buurman is wat klein klippies na die hond gooi, en ek vra hom wat hy doen. Nee, ek gooi nie jou hond raak nie, antwoord hy. Dis net dat my skoonma by ons kuier, en sy sê as sy nog een nag nie ononderbroke haar skoonheidslaap kan geniet nie, dan gaan sy weer terug huis toe.

* * *

'n Blondine en haar man lê in die bed en luister na die buurman se hond wat aanhoudend blaf in die agtererf. Die blondine spring naderhand uit die bed en sê 'Ek het genoeg hiervan gehad,' en sy gaan buitentoe. Uiteindelik kom sy terug bed toe en haar man sê 'Die hond blaf nog steeds - wat het jy probeer doen?' Die blondine sê: 'Ek het die hond in ONS erf gesit, nou kry hulle van hul EIE medisyne!'

* * *


Die ou parkeer in die parkeerterrein - sy hond lê uitgestrek op die agterste sitplek. Hy draai die vensters 'n aks af, klim uit en, terwyl hy die kar sluit sê hy vir die hond: 'Bly nou net hier. Bly! Bly! ' Die blondine in die motor langsaan is net besig om in te klim, en sy sê 'Haai, hoekom trek jy nie net die handrem op nie?'

* * *


Die blondine koop vir haar twee Duitse Herdershonde. Vriendin: 'Wat is hulle name?' Blond: 'Rolex en Timex.' Vriendin: 'Hoekom SULKE name?' Blond: 'Want die man het vir my gesê hulle is watchdogs!'

* * *


Blondie kom van die werk af en toe sy by die huis instap, merk sy dat daar inbrekers doenig was. Sy bel dadelik die polisie wat op hulle beurt 'n boodskap aan alle eenhede uitstuur om te kom help. 'n Lid van die plaaslike honde-eenheid is in die omgewing en hy haas hom met sy brak na Blondie se huis toe. Toe sy die deur vir hom oopmaak, gooi sy 'n vloermoer, stamp haar voete en gaan sit op die trap. Toe die polisieman aan haar vra wat is fout, antwoord sy: 'Eerstens kom ek by die huis van die werk af en ek sien dat hulle by my ingebreek het. Ek bel om hulp en dan stuur hulle vir my 'n blinde polisieman!'

* * *

'Wat is jou hond se naam?' vra die goalie vir die skeidsregter. 'Maar ek het nie 'n hond nie,' sê die skeidsregter. 'Dis verskriklik,' sê die goalie. 'Stokblind en g'n gidshond nie!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wysheid


'Die beste argument teen demokrasie is 'n vyf minute-gesprek met die gemiddelde kieser.' - Winston Churchill

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kompliment ontvang:

Baie dankie ook vir al die grappe, jy maak elke keer my dag!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Versreëls


Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug
en dink my nou in Gordonsbaai terug:

Ingrid Jonker 'Ontvlugting'



Die Belg werk op konstruksie as voorman. Skielik val 'n sinkplaat van bo af en mis sy kop net-net, maar sny sy oor af. Die baas kom aangehardloop en vra of hy OK is. Hy sê: 'Ja Baas, maar my oor is af. Help my net my oor soek asb.!' Toe die baas sy oor kry en dit vir hom gee, sê hy: 'Nee, Baas, dis nie my oor nie. Daar was 'n potlood agter my oor!'

* * *

Ek het vandag 'n NOSA-toets gedop. Die vraag was: 'In die geval van 'n brand, watter stappe sal jy neem?' Blykbaar was 'BAIE grotes!' die verkeerde antwoord.

* * *

`n Man sit agter 'n mooi verpleegster op 'n bus. Hy probeer 'n optellyn: 'Ek wens die bus maak 'n ongeluk sodat jy my kan verpleeg,' probeer hy. Sy draai om en sê 'Meneer dit moet dan 'n massiewe ongeluk wees, want ek werk in die kraamafdeling.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Eksamenflaters wat ook sommer onderwysers daaraan herinner om hulle vrae duidelik te vra:

* Vraag: In watter geveg het Hannibal gesterf? Antwoord: sy laaste geveg

* Vraag: Wat is die hoofrede vir mislukking? Antwoord: eksamens

* Vraag: Wat kan jy nooit eet vir ontbyt nie? Antwoord: Middagete, & aandete

* Vraag: Wat lyk soos 'n halwe appel? Antwoord: Die ander helfte

* Vraag: Hoe kan 'n mens agt dae sonder slaap klaarkom? Antwoord: Maklik, hy slaap in die nag.

* Vraag: Hoe kan 'n olifant met een hand oplig? Antwoord: Onmoontlik, 'n olifant het nie hande nie.

* Vraag: As jy drie appels en vier lemoene in een hand het en vier appels en drie lemoene in die ander hand het, wat het jy? Antwoord: Baie groot hande

* Vraag: As dit agt mans tien uur neem om 'n muur te bou, hoe lank
sal dit vier mans neem om dit te bou? Antwoord: Geen tyd nie, die
muur is reeds gebou.

* Vraag: Hoe kan jy 'n rou eier op 'n sementvloer laat val sonder om dit te kraak? Antwoord: Sementvloere is baie hard om te kraak.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


'As jy skree in ons plaaslike biblioteek, sê hulle jy moet stilbly, maar as jy dit doen in 'n vliegtuig, skree hulle saam.' - Tommy Cooper

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

***

'Vandag is Internasionale Ninja-dag, wanneer mense aangemoedig word om speelgoed-rewolwers te dra, en swart maskers. My bank was glad nie beindruk toe ek dit daar wou vier nie. - Jimmy Fallon

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


In een café zit een stotteraar met als gezelschap een vervaarlijk uitziende rotweiler. Een andere stamgast vraagt hem hoe oud dat beestje wel is. 'D.. dd...dr..drdr.. drie jj...jaar.' hakkelt de man. Daarna vraagt de stamgast hem of de hond zou bijten als hij hem zou aaien. 'Nn..nn...nnn....nee..nee nee..nee..' Waarop de stamgast zijn arm al uitsteekt naar het beest, maar die bijt hem prompt in zijn hand. De man: 'Verdorie, ik dacht dat je zei dat hij niet zou bijten!' Zegt de stotteraar: 'Ne...ne...nene...ne..nenen.. negen op de tien keer wel!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Een actrice ontmoette een schrijfster, die zij niet mocht. Maar ze kon niet anders dan haar te feliciteren met haar laaste boek. Proficiat! zei ze. Het is een schitterend boek! Wie heeft het voor u geschreven? Ik ben erg blij dat u het mooi vindt, antwoordde de schrijfster. Wie heeft het u voorgelezen?

* * *

Victor krijgt van zijn oma een euro omdat hij zo braaf geweest is. Hij stopt het geld in zijn zak zonder te bedanken. Zeg, dat kan zomaar niet, hoor, jongen, zegt oma, wat zegt Moeder als papa haar geld geeft? "Is dat alles?," zegt Victor.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Alhoewel ek voorberei is vir martelaarskap, verkies ek dat dit uitgestel sal word. Winston Churchill

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

(Afrikaners: agent = polisieman)

Er staat een blondje te wachten bij de bushalte terwijl een agent
langs komt en zegt: 'Mevrouw kan ik u ergens met helpen?' 'Ja,' zegt het
blondje: 'welke bus moet ik nemen om naar de stad te gaan?' Waarop de
agent antwoordt: 'Dan moet je bus 33 hebben.' 'OK,' zegt het blondje.
Uren later doet de agent weer zijn ronde en ziet dat het blondje nog
altijd staat te wachten en zegt: 'Maar kind toch, je zou al lang weg
moeten zijn!' Het blondje: 'Nou bijna, ik ben nu bij de 32e.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Hierdie 3D-TV's is so realisties. Nou die aand raak ek aan die slaap met 'n Kaizer Chiefs vs Swallows-wedstryd... Toe ek wakker word is my beursie weg...

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wille woordeboek, uit De Druivelaar, aan my gestuur deur ManuB:

(Afrikaners: ei = eier; kip = hoender)

* Bedacht: Naast bed nummer seven

* Eileider: Vooraanstaande kip

* Kieskeurig: tand in goede staat

* Magazijn: Persoon die azijn lust

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Ek loop deur Brakpan vandag, toe stop 'n verteenwoordiger van
Aquafresh-tandepasta my. Sy sê, 'Het jy geweet dat die gemiddelde persoon net 30% van sy tande borsel?' Ek sê, 'Ons is in Brakpan Liefie, die gemiddeld persoon HET net 30% van sy tande.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Ná die sondeval in die Tuin van Eden, loop Adam met sy seuns Kain en Abel verby die ruines van die Tuin van Eden. Een van die seuns vra: 'Pa, wat is dit?' Adam antwoord, 'Seuns, dis waar julle ma ons uit huis en haard geeet het.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wysheid vir die week


De meeste mensen luisteren alleen naar hun geweten wanneer het zegt: ga je gang maar. - C. Buddingh

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Bijbel

En opnieuw ontkende hij en zwoer: `Echt, ik ken de man niet!' En meteen kraaide er een haan. [75] Toen herinnerde Petrus zich wat Jezus gezegd had: `Voordat er een haan gekraaid heeft, zul je mij driemaal verloochenen. Hij ging naar buiten en huilde bitter. - Mat 26


 

Prof. Dr. Benno A. Zuiddam